As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Vervoer

Laerskool Lichtenburg beskik oor 'n baie goeie vervoerstelsel met nie minder nie as vyf bussies wat daagliks in gebruik is. Die skool bedien drie vervoerroetes naamlik: Die Grootpanroete (Plaasroete), Die Biesiesvleiroete (Plaasroete) en die Burgersdorproete (Dorpsroete). Ons leerders se veiligheid is vir ons van kardinale belang en daarom is ons voertuie almal padwaardig, veilig en word dit daagliks onderhou. Ons maak gebruik van ons eie onderwysers om die bussies te bestuur en almal beskik oor die regte lisensies sowel as vervoerpermitte wat tweejaarliks opgedateer word.

 

sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed