As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Missie / Vissie

CREDO
Ons vaste oortuiging is dat elke leerder aan ons toevertrou 'n Godgegewe individu is. Ons roeping is om hom / haar te lei om eendag die Hemelse Koninkryk te kan beërwe en sy volwaardige plek vol te staan in die samelewing.

VISIE
Laerskool Lichtenburg is 'n dinamiese en Christelike skool, wat in vennootskap met elke ouer uitnemend wil presteer deur elke leerder optimaal te ontwikkel om die uitdagings van die tyd die hoof te bied.

MISSIE
Laerskool Lichtenburg is 'n gebalanseerde opvoedkundige instelling waar:
• Onderrig vanuit 'n Christelike perspektief geskied;
• Hoë akademiese standaarde verseker word deur die hoogste vlak van effektiewe bestuur, gerugsteun deur bevoegde, kundige en toegewyde personeel;
• 'n Harmonieuse en stimulerende opvoedkundige klimaat geskep word, waar leerders hulle volle potensiaal kan bereik;
• Ouers 'n integrale rol speel as deel van die opvoedingsplan.

SLAGSPREUK
Die omgee-skool waar elkeen tel!

 

DSCN1633a

sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed