As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Godsdiensbeleid

Die Beheerliggaam bepaal die Godsdiensbeoefening by die skool. Soggens word daar in elke klas of by die aantreepunt met skriflesing en gebed geopen en in die middae word afgesluit met gebed oor die interkom deur een van die bestuurspan.

Ons is trots om daarop te kan roem dat Laerskool Lichtenburg 'n Christelike Skool is met Christelike waardes en Bybelse beginsels. Lesse word Christo-sentries aangebied.

• Bybelonderrig word benut om vir die leerders Bybelse waardes aan te leer en is geïntegreer by Lewensoriëntering in die Grondslagfase. Bybelse waardes vind inslag in al die vakke in die Seniorfase.

• Jaarliks word 'n Hemelvaartprogram by die skool aangebied.

• Leerders neem jaarliks deel aan 'n Bybelvasvra-kompetisie.

• 'n Buite-aktiwiteit nl. Geesverryking word drie dae 'n week by die skool aangebied. (Deelname is vrywillig)

• Maandae kom die skool in die saal byeen vir opening met skriflesing, 'n kort boodskap en gebed. Een keer per week word 'n gewyde sangperiode vir die Grondslagfase aangebied.

• 'n Predikant of Pastoor word ten minste een keer per kwartaal geleentheid gegee om die opening / afsluiting in die saal waar te neem.

 

bybel-psalm-73

sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed