As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Gedragskode

Vir toelating sal 'n leerder die volgende gedragskode onderskryf:

• 'n Leerder se gedrag sal die etos en missie van die skool weerspieël en nastreef.

• 'n Leerder moet hom/haar so gedra dat hy/sy die skool sal komplimenteer en tot voordeel van die handhawing van orde en dissipline, hom/haarself sal handhaaf.

• 'n Leerder sal die menswaardigheid van elke mede-leerder respekteer.

• 'n Leerder sal respek betoon teenoor alle persone in gesagsposisies en erken dat dissipline en orde 'n voorvereiste is vir die bevordering en instandhouding van die gehalte van die leerproses.

• 'n Leerder sal erken dat selfdissipline en die nakoming van skoolreëls en die dissiplinêre kode ten grondslag lê van 'n geordende skoolgemeenskap.

• 'n Leerder sal te alle tye die beeld van die skool positief uitdra.

• 'n Leerder se optrede en gedrag selfs in hul privaatheid, sal hiervan getuig.

 

49

sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed
sassy-breed